“Dit is die regering se werk om ʼn omgewing te skep wat bevorderlik is vir ekonomiese groei.”
Lees meerTwee wegholperde ‘in ernstige toestand’
Vida en Quaker is Woensdagaand geopereer nadat hulle die Londense middestad ingevaar het.
Bela-wysigings: ‘Hiermee kan beheerliggame werk’
Intussen vergroot die moontlikheid dat die omstrede Bela-wetsontwerp dalk nie voor die nasionale verkiesing op 29 Mei op pres. Cyril Ramaphosa se tafel sal beland nie.
SA wil malaria teen 2028 uitwis
Hoewel groot vordering reeds in die stryd teen malaria gemaak is, sterf ʼn kind in Afrika steeds elke 60 sekondes weens die siekte.
Geliefde onderwyser, ma sterf by dodelike kruising
Gerda Senekal, VF Plus-raadslid van die Emfuleni-munisipaliteit, sê sy het al menigte kere en wéér Dinsdag ʼn beroep op Gautrans gedoen om die kruising te beveilig deur die oprigting van oorhoofse ligte, padtekens wat die hoë ongeluksone aandui en betonriffels op die padoppervlak.
Hof beslis pad troef padda in Noordhoek-saak
Die westelike luiperdpadda gaan ’n deel van sy broeihabitat in die Noordhoek-vleiland verloor, maar die hof het met die Kaapstadse metro saamgestem dat die “impak versag kan word”.
Toegangsfooi op besige dae in Venesië nou betaalbaar
Die doel van die toegangsfooi is om die druk op die stad, wat daagliks derduisende besoekers ontvang, te verlig.
Landboubeleid moet bly soos dit is
“Die landboubeleid vereis nie ’n hersiening nie. Die sektor benodig ’n skerper fokus op die implementering van bestaande programme.”
Polisie bestee R42 miljoen aan brandstof vir BBP-begeleiding
Terwyl Suid-Afrikaners steier onder ʼn lewenskostekrisis – wat hoër brandstofpryse insluit – ry die “ANC se BBP-kaders” op die belastingbetaler se onkoste rond sonder om ʼn sent op te dok.
TV se koffie-vrou weer in hof
Die televisiepersoonlikheid Henriëtte Marx, haar man en ʼn vennoot het Donderdag weer vlugtig in die hof verskyn.
Nederlandse mededinger van ‘The Crown’ maak opslae
ʼn Koninklike drama oor koningin Máxima van Nederland, eenvoudig getiteld Máxima, het pas die kleinskerm getref en win reeds die lof van kykers én kritici in.
Kyk: Jong Parkie sorg vir skopkelkievuur
“Ek vergeet van alles wat om my aangaan en ek probeer my bes om dinge nie te oordink nie. Dan tree ek terug en skop net die bal,” het die 16-jarige Dylan Stumke ná sy monster stelskop van net meer as 60 m gesê.
Steinhoff: Verbeurdverklaring van bates ‘skep regspresedent’
ʼn Regskenner sê die batebeslaglegging in die Steinhoff-saak is ʼn belangrike gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse regspraktyk “wat die kragtige toepassing van wette illustreer wat ontwerp is om finansiële misdade te bekamp”.
Lemme van ikoniese Moulin Rouge stort in duie
Dit is die eerste keer dat so iets gebeur sedert die kabaret sy deur vir die eerste keer op 6 Oktober 1889 oopgemaak het.
Jong Bokke slaggereed vir reeks in Queensland
Bafana Nhleko, breier van die span, is in sy noppies oor die voorbereiding vir die kampioenskap. Die Junior Bokke het reeds vir die o. 20-reeks na Queensland in Australië vertrek.
Herrie ná ‘man’ vrouegeriewe by Kaapse gimnasium gebruik
Volgens Virgin Active het die betrokke lid egter “vrywillig alle vereiste dokumentasie verskaf wat haar identiteit as vrou bevestig”.
Provinsiale gesondheidsdepartement se segsman vas
Sizwe Kupelo (47) is deur die Valke in hegtenis geneem op bewering dat hy sy matrieksertifikaat vervals het.
SA soldate gaan langer in Afrika help teen R1 miljard
Die Suid-Afrikaanse soldate is in Mosambiek, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en aan die ooskus van Afrika ontplooi.
Lig in tonnel vir familie van vermoorde 10-jarige
Hy het haar liggaam na bewering in ʼn trommel onder haar ouers se bed versteek nadat hy haar doodgewurg het.
Twee verdagtes in konstabel-skietery eers vrygelaat
Die vuurwapen wat vermoedelik in die skietvoorval gebruik is, is Dinsdag by ʼn perseel in William Taylorstraat in Bellville deur lede van die teenbende-eenheid opgespoor.